Fouriesburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die dorp Fouriesburg in die Oos-Vrystaat is gestig in 1892 en vernoem na Christoffel Fourie. Fouriesburg is bekend vir gevegte tydens die Anglo-Boere-oorlog. Ongeveer 4000 Boere soldate onder leiding van Machiel Prinsloo het by Surrender Hill (net buite die dorp op pad na Clarens) aan die Britse soldate oorgegee. Die meeste van die aangehoudendes is na Indië gestuur waar hulle in interneringskampe aangehou is.