Frankfort
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Frankfort in die Oos-Vrystaat lê aan die oewers van die Wilgerivier, wat ‘n deel vorm van die Lesotho-Hoogland skema en water van Lesotho deur die As-, Liebenbergsvlei- en Wilgeriviere na die Vaaldam laat loop. Frankfort is vernoem na Frankfurt in Duitsland en in 1869 op die plaas Roodepoort uitgelê. Die dorp is in 1873 geploklameer en het in 1896 munisipale status ontvang.