Fromage blanc
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Fromage blanc, Fromage frais of Bibeleskaas in Elsas is 'n suiwelproduk met oorsprong in Frankryk en België. In Wallonië word dit baiekeer maquée genoem.
Die vervaardiging daarvan is soortgelyk aan die van kaas. Die proses begin deur stremsel by koeimelk te voeg wat dit laat dik word. Daarna, anders as by ander kase, word die dikmelk nie blootgestel aan laktiese fermentasie nie, dit word verhoed deur die dikmelk af te koel na 4°C. Die kaas wat verkry word, word geklop en deur 'n lisseuse gestuur om dit smeebaar te maak en residuele proteïnmassas op te breek. 'n Tekstuur soortgelyk aan joghurt word verkry.
Die persentasie vet kan gevarieer word deur die hoeveelheid room wat bygevoeg word, 0, 20 of 40%. Fromage blanc met 0% vet bevat meer as 85% water.
Fromage blanc word in talle sout en soet disse, byvoorbeeld saam met aartappels of in kaaskoeke, gebruik. Dit word baie keer saam met vrugte en 'n bietjie suiker voorgesit as 'n ligte nagereg. Dit word ook soms in die plek van crème fraîche op vlamkoek gebruik.
Fromage blanc is maklik verteerbaar en verskaf nie die selfde probleme as die vertering van melk nie aangesien dit blootgestel is aan fermentasie. Dit is daarom 'n goeie bron van kalsium en proteïene . Aangesien fromage blanc net vir 'n kort tydjie dik gemaak kom slegs weglaatbare klein hoeveelhede laktose in die produk voor en kan mense wat laktose intolerant is dit wel gebruik.