New Immissions/Updates:
boundless - educate - edutalab - empatico - es-ebooks - es16 - fr16 - fsfiles - hesperian - solidaria - wikipediaforschools
- wikipediaforschoolses - wikipediaforschoolsfr - wikipediaforschoolspt - worldmap -

See also: Liber Liber - Libro Parlato - Liber Musica  - Manuzio -  Liber Liber ISO Files - Alphabetical Order - Multivolume ZIP Complete Archive - PDF Files - OGG Music Files -

PROJECT GUTENBERG HTML: Volume I - Volume II - Volume III - Volume IV - Volume V - Volume VI - Volume VII - Volume VIII - Volume IX

Ascolta ""Volevo solo fare un audiolibro"" su Spreaker.
CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wikipedia:Geselshoekie/Argief25Feb05 - Wikipedia

Wikipedia:Geselshoekie/Argief25Feb05

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Inhoud

[wysig] Onlangse wysigings

Ek sien by die engelse wiki kan 'n mens robotte en klein wysigings wegsteek in die lys. Hoe kan ons dieselfde funksie vir die Afrikaanse wiki kry? --RM 21:50, 23 11 2004 (UTC)

Ek dink robotte moet hulleself assulks só identifiseer; sover ek kan sien is FlaBot nie op af.wp geregistreer nie, en dus kom hy bloot as 'n anonieme gebruiker voor. Miskien moet 'n mens met sy skrywer in kontak tree (via en:User:FlaBot?) en vir hom vra om dit nie só te doen nie. Dit is vir my ook nogal steurend. (Dewet 16:28, 24 11 2004 (UTC))
Ek sien hy het nou 'n rekening geskep; om dit uit te filter, verander "hideminor=0" na "hideminor=1" in jou adresbalk van jou blaaier. (Dewet 16:38, 24 11 2004 (UTC))
Dankie vir die terugvoer. --RM 12:25, 26 11 2004 (UTC)

[wysig] Interwiki bot

Ek sal graag die 'amptelike' interwiki bot wil gebruik om af.wp se interwikis op datum te hou; hierdie bot word ook deur die anderstalige wikis gebruik om dieselfde onderhoud mee te doen. Die tuisblad is by meta:Interwiki bot. (Dewet 11:06, 15 12 2004 (UTC))

Ek het 'n toetslopie gedoen op Suid-Afrika, en dit lyk asof dit goed werk: [1] Ek sal nou graag ander artikels ook wil deurgaan (veral díé waaraan ek gewerk het en my browser die interwikis van verwoes het) met hierdie bot, so ek wil graag hoor as daar iemand is wat sterk daarteen is. (Dewet 11:40, 15 12 2004 (UTC))


[wysig] Sysops

Net Alias en TeunSpaans is glo nou sysop hier. Ek dink ons het meer nodig as daar meer gebruikers gaan kom. Er is soms 'n bietjie vandalisme hier en dit moet vinnig opgeruim. As julle wil is ek bereid sysop te wees, maar dis netuurlik beter as die taak deur Afrikaanstalige mense gevul gaan word. Is daar nog mense bereid? Jcwf 19:00, 17 12 2004 (UTC)

Ek sal ook bereid wees. (Dewet 20:19, 17 12 2004 (UTC))
Ekke ok! --RM 04:25, 18 12 2004 (UTC)

Voorstel: tot 10 Januarie geleentheid gee aan alle gebruikers hier beswaar te maak/ goedkeuring uit te spreek. By onvoldoende beswaar (enkele teenstem) Andre Engels vra ons sysop te maak.

EK gaan akkoord; dit gee voldoende tyd vir kommentaar. (Dewet 17:04, 21 12 2004 (UTC))

[wysig] Kommentaar:

Jcwf

  • Ek sekondeer Jcwf se nominasie: hy't duidelik baie ervaring met Wikipedia en het goeie oordeel gewys. (Dewet 17:07, 21 12 2004 (UTC))
  • Ek sekondeer Jcwf se nominasie Waerth 14:28, 29 12 2004 (UTC)
  • Ten gunste. Jaap het baie ervaring en het deurgaans hier gehelp. --Alias 21:47, 2 01 2005 (UTC)

Dewet

  • Ek sekondeer Dewet se nominasie Waerth 14:28, 29 12 2004 (UTC)

RM

  • Ek sekondeer Renier se nominasie: hy lewer goeie bydraes en toon ook goeie oordeel. (Dewet 17:07, 21 12 2004 (UTC))
  • Ek sekondeer Renier se nominasie Waerth 14:28, 29 12 2004 (UTC)

Gaan al die permanente bydraers dan administrateurs wees? --Alias 23:05, 11 01 2005 (UTC)

Die getal maak nie so seer saak aan my nie; ek het 'n behoefte om aan die koppelvlak se vertaling te werk, waarvoor jy sysop moet wees. Verder dink ek dis 'n goeie idee om die las effe te versprei, veral as dit byvoorbeeld by die verwydering van gemors kom. --Dewet 06:30, 12 01 2005 (UTC)
Jammer, ek besef nou ek het dalk 'n verkeerde indruk geskep met my opmerking. Jou antwoord pla my egter. Hierdie is 'n gemeenskapsprojek. Enige-iemand kan aan die vertaling werk, net administrateurs kan dit inskryf. Elke een van die bladsye vir tekselemente het 'n besprekingsbladsy. Daar is ook al vertalings op ander plekke bespreek. Die naamruimtes is ook onlangs bespreek, maar die terugvoer was nie oorwedigend nie. Ek dink die belangrikste dinge van die ou weergawe is darem vertaal (die nuwe sagteware sal natuurlik weer nuwe goeters hê om te vertaal). --Alias 13:13, 12 01 2005 (UTC)
Ek het natuurlik nie geïmpliseer dat ek gaan wild rondgaan en dinge (veral belangrike goed soos naamspasies) verander sonder kommunikasie nie. Waarna ek eintlik verwys het is na die ander klein goed: die nuwe sagteware het baie stringe gelaat om vertaal te word -- selfs die "boilerplate" waarskuwing oor kopiereg onderaan enige "edit" blad is iets wat beter verwoord kan word. Ek besef ek kan die vertaling "aflyn" doen, en dan kan jy/Teuns dit inlaai, string-vir-string, maar dit is (myns insiens) onnodige moeite vir beide partye.
Dit is alles goed en wel om te sê dis 'n gemeenskapsprojek en dat almal insae moet hê, maar ons is nog ver van 'n eintlike gemeenskap, en my opinie oor die situasie soos hy nou is dat dit meer produktief mag wees om eerder veranderings aan te bring en te verfyn (omdat daar so min bydraers is), eerder as om in eindelose debat te verval en niks uiteindelik gebeur nie. 'n Mens verloor nie so die gemeenskaps-konsep nie, omdat dit nog steeds bespreek en verander kan word; niks is só vasgemaak dat dit nie verander kan word nie. Selfs naamspasie-veranderings kan met robotte gedoen word; dis immers hoe en.wp hulle oorgang met template gemaak het. --Dewet 15:27, 12 01 2005 (UTC)

[wysig] Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwejaar

Ek gaan môre oggend met vakansie en sal waarskynlik dus eers volgende jaar weer hier inskakel. Ek wil net vir al my wiki-vriende (en vyande :-) 'n geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar toewens. Mag die nuwejaar net goeie dinge vir jul inhou. Dis vir my 'n voorreg om saam met julle mense hier te werk.

Ek beplan persoonlik om so 'n bietjie meer aggressiewe werwing in die nuwejaar te doen vir wp. Ek is baie positief oor die potensiaal van die projek!

Groete --RM 04:25, 18 12 2004 (UTC)

[wysig] world heritage site

Wat is die korrekte afrikaans hiervoor? Ek het in Robbeneiland "wêreld bewaringsarea" gebruik, maar ek is baie seker daar is 'n meer korrekte naam hiervoor. (Dewet 17:57, 23 12 2004 (UTC))

Het Nederlandse woord is "werelderfgoed" Danielm 18:21, 23 12 2004 (UTC)
Ek stel wêrelderfenis-terrein voor. Oliver
Dis die een! Wêrelderfenisgebied (en selfs bloot wêrelderfenis as s.nw.) kom wel in google voor, so ek dink dis die reg een om mee te gaan. (Dewet 20:01, 23 12 2004 (UTC))

[wysig] Oop brief aan Jimbo

Dear Jimbo,

I am a regular at nl. and sysop there, but I write this letter in which I would like to voice my concern as the only registered user and sysop of a fledgling wiki, the one in isiXhosa. (xh.) I am a Dutchman living in the USA and my isiXhosa is pretty limited. I just wish to repay the hospitality of the amaXhosa that I experienced as a VSO volunteer in South Africa 97-99 by helping this wiki to get going. I had tried to put a word of welcome on the main page in the hope of attracting some native speakers and was at first delighted to see it had been edited by one, who had also left a page about the National Language Services of South Africa on all wikis of the 11 languages of the country.

What I was not so happy with was the addition of the phrase 'kulo Mzantsi Afrika umtsha' for the New South Africa on the main page of the xh. wiki. Apart from the fact that 10 years after 1994 the expression is getting a bit stale it is a clear political reference and a pet phrase of the Pretoria government. Although the number of Xhosa speakers outside South Africa is limited, wikipedia is imho not owned by the Pretoria govt, nor is isiXhosa. Besides many of the other 10 are spoken widely outside the country, e.g. Tsonga in Mozambique, Afrikaans in Namibia and -dare I say- English in Bermuda and a few more places I believe.

The contents of the NSL page are even more worrying imho. It states that this agency is in charge of the communication between all these (11) languages. The Afrikaans version even says bestuur (=governs). Although I applaud Pretoria's efforts to translate documents across languages, I do not think that any goverment should presume to govern the communication between people, let alone whole languages even as they are spoken outside their borders. This simply does not chime with article 6 of the Universal Declaration of Human Rights that grants freedom of speech and expression to all global villagers. As wikipedia is concerned this sets a dangerous precedent. Even though the interpretation of the NLS is most likely rather benign, if other goverments presume to have the same rights of controle we might as well give up on wikipedia.

Sincerely Jaap Folmer xh:User:Jcwf

Eh, Jaap? Wat is het doel hiervan? Danielm 16:43, 27 12 2004 (UTC)
Ik heb deze brief ook op en: gezet. Ik vind gewoon dat de wiki gemeenschap moet weten hiervan. Ik houd niet zo van regeringen die zich met vrije communicatie gaan bemoeien Jcwf


[wysig] Erg beswaard

Dit was vir my vanoggend 'n skok om te sien dat al wat van my Stikstof artikel oorgebly het is die paragraaf oor isotope. Tot dusver was ek redelik gemaklik dat ander my artikels verander of aanpas met die idee dat ek net kan herstel as daar 'n fout inkruip. Wat my nou baie pla is dat my volledige artikel glad nie gelys word onder die vorige weergawes nie. Ek weet voor my siel die artikel was daar gewees! Nou kry ek niks! Dit was heelwat werk en ek het nie 'n rugsteun kopie nie! - Moedeloos Renier

My innige simpatie, Renier. Het jy dit wraggies gesien terugkom vanaf die bediener met die hele artikel? Miskien beteken dit dat ons maar tog groot goeters moet rugsteun. Ons loop ook nog op 'n beta-weergawe van die nuwe mediawiki-sagteware. Miskien is dit goed om eers op mens se eie rekenaar aan 'n artikel te werk voordat mens dit instuur. Mens kan selfs die mediawikisagteware installeer op jou eie rekenaar sodat jy kan sien hoe jou artikel lyk. Dan kan mens ook beter speltoets, soek vir regte skakels, ens, als sonder om op die Internet te wees. Dankie vir jou bydraes, Renier! --Alias 10:04, 17 01 2005 (UTC)
Die hele Wikipedia-projek is tans besig om onder ernstige tegniese probleme gebuk te gaan. Wat jy beskryf is deels die gevolg van hoe die tegniese opstelling is: die meester databasis ontvang alle veranderings, en hierdie veranderings moet dan na al die slaaf-databasisse propageer, wat op hulle beurt weer die webbedieners diens. Indien die las baie hoog is (soos wat die afgelope week ervaar is), gebeur dit dalk baie stadig of glad nie, wat beteken dat veranderings soms "verdwyn" uit die geskiedenis. Jy kan of nog wag en hoop dit kom reg (teoreties behoort dit), of jy kan die ontwikkelaars op meta.wikipedia.org vra om nadere ondersoek in te stel; ek sien van die ander tale ervaar ook soortgelyke probleme. Ek sou raai dat hierdie probleme uiteindelik reggestel gaan word, omdat die ontwikkelaars deeglik bewus is van hierdie probleempies. Ook net ter inligting: al die wikipedias hardloop nou dieselfde beta-weergawe van die mediawiki sagteware, so ons is nie 'n uitsondering nie; ek dink die ekstra funksionaliteit wat daarmee saam ingestel is, is heel nuttig. --Dewet 10:33, 17 01 2005 (UTC)

Ik heb 'n hoop databaseproblemen gezien, maar dit nog niet.... In elk geval goed nieuws, ik heb het artikel via Spesiaal:Export teruggevonden. Alias, kan jij Stikstof verwijderen? Daarna hernoemen en dan is alles hoop ik ok. Ik heb een kopie van dit artikel op mijn schijf gemaakt. Danielm 20:11, 17 01 2005 (UTC)

Renier, kyk asb na Stikstof - Herstelpagina en kyk hoe naby/ver dit is van wat jy gedoen het. Ek wonder sommer of daar 'n kans is dat daar dalk nog 'n beter weergawe erens weggesteek lê. Die sjabloon is bv nie in die herstelde weergawe nie. Anders kan ons maar uitvee en skuif. --Alias 01:36, 18 01 2005 (UTC)
Dankie menere - wat 'n verligting! Herstel asseblief die bladsy. Alias die rede waarom ek nie die sjabloon daar in het nie is omdat ek nie 'n manier kan vind om die tabel sjabloon plooibaar genoeg te maak vir my doeleindes nie. Ek moet byvoorbeeld meer of minder rye hê, afhangende van hoeveel ionisasie potensiale daar is ensovoorts. Ek is bietjie besig met ander werk maar sal binnekort die wiki-sagteware op my rekenaar sit. Ek is regtig bly al die werk is nie verniet gewees nie.
Ciao --RM 19:16, 19 01 2005 (UTC)
Kyk bietjie na wat op en gedoen is vir fauna en flora se taksonomieboksies aan die regterkant; ek het dit nog mees onlangs gesien met en:Protea. Hulle maak van "subtemplate" gebruik; dws, jy kan jou parametrisering baie beter doen, en afwissel soos benodig deur die omstandighede. Het hulle nie so iets op en se chemiebladsye ook gedoen nie? --Dewet 20:11, 19 01 2005 (UTC)
OK. Ek het die artikel herstel. Kyk asb na my veranderinge by die Isotope-afdeling. Die ou artikel het van die KSS-siklus gepraat eerder as KNO. Ek neem aan dit moet of KSS of CNO wees, maar dis 'n stilistiese ding vir jou om te besluit. Sien ook my verandering van koolstof -> isotoop. Ek hoop ek het reg verstaan. (Hierdie boodskap is ook op die besprekingsblad, waar dit seker eerder hoort). --Alias 21:33, 19 01 2005 (UTC)

[wysig] Sysop

I have made Jcwf, Renier Maritz and Dewet sysops now, with apologies for the delay.

Ik heb Jcwf, Renier Maritz en Dewet sysop gemaakt. Mijn excuses voor de vertraging. - Andre Engels 10:02, 21 01 2005 (UTC)

P.S.: Do you prefer English or Dutch from me as a non-Afrikaans speaker?

Dankie, Andre. Nederlands is 100%; kyk maar na al die ander kommentaar wat deur ons ander Nederlandstalige bydraers gelaat word... --Dewet 10:44, 21 01 2005 (UTC)
Net nog 'n klein versoekie: ek neem aan sysops kan nie bots merk nie? Kan jy asb. gebruikers FlaBot en DewetInterwikiBot assulks merk? Dankie! --Dewet 11:14, 21 01 2005 (UTC)
Ok, doe ik! - Andre Engels 19:42, 21 01 2005 (UTC)

[wysig] Help Asb.

Ek wil graag 'n bydrae maak aan hierdie wonderlike projek, maar het in 'n klein probleempie vasgeloop. Gisteraand toe ek by die huis bladsye probeer wysig, kry ek die heeltyd 'n fout boodskap oor 'n "open proxy" wat verhoed dat ek kan redigeer. Daar word 'n skakel na 'administreerders' gegee, maar wanneer daar op die skakel geklik word einding jy weer op dieselfde plek. Op die oomblik is ek by die werk, waar ons 'n 'dedicated' lyn het, by die huis maak ek gebruik van 'n ISP. Hierdie probleem was ook net op die Afrikaanse Wiki. Ek het geen probleme ondervind met die redigering van Engelse blaaie nie. --Marinus 08:42, 24 01 2005 (UTC)

Hi Marinus. Ek sien daar was 'n blok op Internet Solutions se transparent cache geplaas laasjaar. Ek het dit verwyder, omdat dit sekerlik baie gebruikers in Suid-Afrika sou beïnvloed. Groete, Dewet 08:55, 24 01 2005 (UTC)
Dankie, DeWet. Niks meer moeilik aan die kant nie! Groete, Marinus 20:33, 24 01 2005 (UTC)

[wysig] Bemoedigend

Vir al my mede wikipediane net die volgende inligting. My seun se juffrou het nou die dag ook 'n wikipedia artikel aan die klas versprei as agtergrondinligting vir 'n skooltaak! --RM 06:48, 28 01 2005 (UTC)

Aitsa! Was dit van die Engelse of Afrikaanse wp? Stadig maar seker begin ons ook spoed kry. --07:51, 28 01 2005 (UTC)
Was die Afrikaanse weergawe gewees! Vir laerskoolkinders is dit dikwels baie makliker om die Afrikaans te verstaan al kan hulle deesdae vroeg al redelik goed Engels praat. --RM 10:06, 31 Jan 2005 (UTC)
Seker: ook af.wiki gaan groot word. Nl.wiki het nou 50.000!! Toen ik ermee begon was het 400 of zo en ik lang getwijfeld of Nederlandstaligen wel genoeg liefde voor hun taal zouden hebben er iets geloofwaardigs van te maken. Ik had ongelijk. Voor Afrikaans komt het wat later, maar het komt. (En het kan zelfs beter worden dan en:) Jcwf 14:48, 28 01 2005 (UTC)

[wysig] Koppelvlak

Hallo almal. Soos julle seker gesien het, het ek die afgelope paar dae begin werskaf aan die koppelvlak se vertaling en verbetering. Wil graag terugvoer daaroor hê -- ek het die wikipedia se motto van "be bold" dwarsdeur gevolg. Ek het (sover ek onthou het) die nuwe teks in die opsommingsveld gesit, so dit is sigbaar beide in onlangse wysigings en my gebruikersbydraes vir gerief. Ek's nog nie klaar nie, maar wil solank die bal aan die rol sit. --Dewet 16:19, 28 01 2005 (UTC)

Ek mag my dalk nou ongewild maak, maar ek wil graag weereens 'n ernstige beroep doen op die gebruik van "u" waneer iemand aangespreek word. Veral deur die sagteware. Persoonlik grief dit my as iets/iemand wat my nie ken nie, my as "jy" aanspreek. Ons het onsself aan mekaar voorgestel, maar die sagteware bly 'n "ding" wat my nie ken nie. Ek weet mense herinner my altyd aan die een of ander gier in hierdie of daardie tv- of radioprogram, maar hierdie is 'n ensiklopedie, en ons wil tog lyk asof ons darem so 'n bietjie ernstig is or wat ons hier doen. "U" is ook handig omdat dit ook as meeroud kan dien. In heelwat gevalle kan die aanspreekvorm vermy word. Andersins sal ek graag wil voorstel dat on "u" gebruik. --Alias 23:25, 28 Jan 2005 (UTC)
Groot dele van die sagteware is reeds in Afrikaans vertaal, en die gebruik van "jy" is dwarsdeur die algemene gebruik. Ek sal as middeweg voorstel dat ons eerder probeer om dit te fraseer om weg te bly van "jy" of "u", maar dan loop ons die risiko dat dit onpersoonlik raak. My opinie bly steeds dat dit deesdae nie té informeel is dat "jy" in sagteware gebruik word nie, juis omdat die oorheersend Engelse sagteware vir jou as "you" sal aanspreek. Dewet 08:02, 29 Jan 2005 (UTC)
As groot dele reeds vertaal is met 'n spelfout, sal ons dit tog nie hou nie. Dis dus nie vir my 'n sinvolle argument nie. Ons is in die begin van die projek. Dis nie moeilik om nou dinge te verander as iemand bereid is om dit te verander nie. Veral vir die veranderings wat nog voorlê, is dit mos maklik om nou te besluit wat ons gaan doen. Ek sou in hierdie geval eerder partykeer "u" hê as nooit "u" hê nie. (Ek sou natuurlik omtrent altyd "u" verkies.) Ons verander ook al die datums in die ou ##-## formaat omdat dit nie sinvol is nie. --Alias 14:37, 29 Jan 2005 (UTC)
Vir seker; al wat ek probeer sê het is dat ek nie bewustelik besig was om u na jy te verander nie; dit was reeds so, dis die norm in sagteware, ek vind dit bloot gemaklik en ek dink die argument van aanstoot gee is miskien oordrewe. Dewet 16:44, 29 Jan 2005 (UTC)
Engels gebruik you vir alles. Franse gebruik die formele "votre" (julle) en verwante woorde vir enige iemand wat nie _baie_ bekend is nie (soos ek dit verstaan). Selfde in Zoeloe (Nina). Selfde in Duits (Sie). Dis net die tale waarvan ek weet. Verder is ons natuurlik Afrikaans, nie Engels nie. --Alias 14:37, 29 Jan 2005 (UTC)
Volgens daardie argument moet ons Nederlands ook in ag neem, wat in elkgeval seker meer gewig moet dra. Met net 'n vinnige deurkyk van hulle verwelkomingsblaaie (nl:Wikipedia:Welkom_voor_nieuwelingen, nl:Wikipedia:Hoe_je_mee_kunt_doen), wat sekerlik bedoel is om eerste deur nuwe intrekkers gesien te word, word jy dwarsdeur gebruik. Ek beklemtoon maar net my vorige argument dat die taal hier ook aan die verander is om "jy" as algemene aanspreekvorm te aanvaar. Dewet 16:44, 29 Jan 2005 (UTC)
In elkgeval, wat ek probeer sê het met die opening van hierdie bespreking is dat ek "bold" gaan wees met my veranderings, juis om bespreking uit te lok. Ek dink dis die beste manier om mense uit te lok om saam te werk aan hierdie ding, en so kan ons begin om 'n gemeenskaps-konsensus te kry. Dewet 08:20, 29 Jan 2005 (UTC)
Ik zou in geen geval aanprekingen proberen te vermijden, dit is onzin. Jy of u maakt ook niet zoveel uit. Persoonlijk zou ik voor u kiezen, vooral naar anonieme gebruikers, om de indruk te wekken dat het over serieuze onderwerpen gaat. Danielm 09:02, 29 Jan 2005 (UTC)
Het julle ooit hierdie debat gehad op nl.wp, Daniel? Dewet 16:44, 29 Jan 2005 (UTC)
Niet dat ik weet. De help:stijlgids schrijft voor "u" in artikelen te gebruiken; anonieme gebruikers worden met "u" aangesproken, geregistreerde gebruikers met "jij". Het koppelvlak gebruikt normaal "u".
Overigens is het gebruik van "u" in het Nederlands taalgebied niet overal hetzelfde. Welliswaar gebruikt iedereen "u" formeel en "jij" informeel, wanneer formeel en informeel gebruikt wordt is niet overal hetzelfde. In Nederland, en vooral in de randstad wordt "u" alleen voor vreemden gebruikt. In Vlaanderen gebruikt men "u" veel vaker, niet zelden spreken kinderen in Vlaanderen met "u" tegen hun ouders. Danielm 18:57, 29 Jan 2005 (UTC)
Goed so. En ek gee my opinie. --Alias 14:37, 29 Jan 2005 (UTC)

Enkele puntjes:

  • In het "monobook"-uiterlijk, in de linker rand, "navigasie", "soek", "gereedskap" kunnen met een hoofdletter.
  • In "Besig X te wysig", bovenaan, onvertaald "about".
  • "Voorkeure" is veelal onvertaald, "Keulen blou" -> "Keuls blou".

Danielm 09:02, 29 Jan 2005 (UTC)

Dankie vir die uitwys; ek hou van die opskrifte links as kleinletters, so ek hoor graag wat ander daarvan dink. Ek het die "besig om te wysig"-boodskappe gedoen, maar het nog glad nie met voorkeure begin nie. Dewet 16:44, 29 Jan 2005 (UTC)
Ek is gemaklik met enige aanspreekvorm solank ons 'n Afrikaanse koppelvlak kan begin ontwikkel. Groete! --RM 10:01, 31 Jan 2005 (UTC)

[wysig] Meer inligting

Goeie more.

Kan iemand my asseblief meer inligting stuur omtrent hierie Wikipedia projek. Ek sal dit graag verder op die internet wil bemark en bekand stel aan 'n breer gehoor/leserskring.

Hoe kan ek byvoorbeeld 'n artikel publiseer? As iemand dalk so gaaf kan wees om my te e-mail, sal ek dit baie waardeer: gifford@webmail.co.za

Byvoorbaat dank, Gifford

Hallo Gifford
Enigiemand is welkom om artikels te publiseer oor enige onderwerp — gebruik bloot die soekfunksie om te sien of dit nie reeds bestaan nie, en skep 'n artikel van daar af. Ek stel voor dat jy die volgende artikels lees, wat vir jou 'n algemene agtergrond oor Wikipedia en die ensiklopedie sal gee:
* Welkom nuwelinge vir praktiese inligting vir nuwe intrekkers (die ooreenstemmende blaaie op die Engelse Wikipedia is Welcome, newcomers of Wikipedia Introduction, en mag meer uitgebreid wees)
* Voel vry en gaan jou gang vir meer omtrent die filosofiese benadering van Wikipedia.
* Die volledige beskrywing en agtergrond van Wikipedia is te vinde in die Engelse artikel oor Wikipedia.
Ek hoop hierdie skakels kry jou aan die gang! Vra gerus indien jy enige ander vrae het, en voel vry om te begin bydra!
Dewet 05:42, 2 Feb 2005 (UTC)
(ook per epos gestuur)
Ek wonder of hy nie eerder verwys het na die publiseer van 'n Wikipedia-artikel op 'n ander plek nie. Miskien is die artikel oor die eerste miljoen artikels van hulp? Vir herverspreiding, dalk. (nie ge-epos nie) --Alias 12:05, 2 Feb 2005 (UTC)
Hmm, ek het nie só daaroor gedink nie. Dit is 'n goeie beginpunt; miskien sien jy kans om 'n meer PR-geöriënteerde boodskap saam te stel een aan hom te stuur? Dewet 12:50, 2 Feb 2005 (UTC)
Miskien moet ons saamwerk om sodanige artikel saam te stel. Ek soek ook iets wat ek in 'n e-mail kan paste om vir mense te stuur, maar ek het nog nie die kuns bemeester om iets kort en kragtig en steeds op 'n interresatne manier te kan stel nie. --RM 13:33, 2 Feb 2005 (UTC)

[wysig] Direkte skakels na beelde op ander werwe

Wat is die beleid rondom direkte skakels na beelde op ander werwe? Ek sou reken dat dit nie toegelaat moet word nie aangesien dit die opstel en verspreiding van 'n aflyn weergawe sou bemoeilik. Ek is ook nie seker dat daar nie kopieregprobleme daarmee gaan wees nie. --RM 10:00, 4 Feb 2005 (UTC)

Die beleid op die Engelse Wikipedia is om skakels na buite onder "External links" of 'n derglike hofie te sit, teenoor om dit direk in die artikelteks te gebruik; die redenasie is dat, omdat wikipedia nie beheer het oor eksterne bronne nie, sulke skakels gereeld breek en ander soortgelyke slegte dinge. Daar is geen kopieregaspekte betrokke wanneer dit kom by die blote skakel na 'n webwerf (soos hofsake in Amerika bewys het) nie, maar die knip en plak van inhoud vanuit eksterne bronne direk in 'n wikipedia-artikel is natuurlik wel problematies. Ek dink ons kan maar dieselfde beleid hier volg. Dewet 12:43, 4 Feb 2005 (UTC)
Oeps! Het jou vraag verkeerd gelees. Ek weet dat eksterne beelde nie toegelaat word op anderstalige Wikipedias nie, om soortgelyke redes. Die uitgangspunt van Wikipedia is juis ook om dit maklik verspreibaar te maak (wat problematies is met beelde waaroor jy nie beheer of kopieregte besit nie), so ek sou skat die bg. beleid is steeds van toepassing. Dewet 12:52, 4 Feb 2005 (UTC)
Ek dink die gebruik van beelde inlyn is problematies, aangesien ons dit vir alle praktiese doelwitte dit versprei saam met ons materiaal. Ons sê ons versprei onder GFDL en dit word saam versprei. Ek dink nie ons moet dit toelaat nie. --Alias 13:57, 4 Feb 2005 (UTC)

[wysig] Vandaalbot Willy on Wheels

Op de nl.wiki is vandaag een vandaalbot bezig geweest, die al eerder op de. en en.wiki chaos heeft veroorzaakt. Als hij hier opduikt: Meteen blokkeren en niet meer deblokkeren Gebruiker:Jcwf

Ek is bekommerd oor die petensiële vernietiging wat hierdie bots kan veroorsaak. Wat sou gebeur as bots begin om honderde wysigings oral in die ensiklopedie te doen. Ons het sekerlik nie die mannekrag om dit als weer reg te stel nie of is daar maniere om sulke grootskaalse veranderinge deur een gebruiker ongedaan te maak? --RM 05:59, 14 Feb 2005 (UTC)
'n Mens kan die ontwikkelaars inroep daarvoor; deur SQL queries te loop sal 'n mens enige spesifieke gebruiker se bydraes en masse kan terugrol. Maar vir administrateurs is dit ook net 'n kwessie van "Rol terug" kliek vir 'n eenvoudige oplossing. Dewet 10:37, 14 Feb 2005 (UTC)
Ander tale

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu