Gustav Preller
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gustav Preller (1875-1943) was 'n toonaangewende figuur in Suid-Afrika. Hy was 'n joernalis, historikus, taalstryder, kultuurman, skrywer en literĂªre kritikus. Sy dinamiese persoonlikheid sal altyd aan die Tweede Taalbeweging en die erkenning van Afrikaans gekoppel bly.
Preller het die Afrikaner gehelp om te ontwaak tot die belangrikheid van sy eie vaderlandse geskiedenis, waartoe hy ook 'n reuse bydrae gelewer het deur navorsing en geskiedskrywing. As historikus het hy sy volk na die Driejarige Oorlog geleer om sy verlede en homself te respekteer en deur middel van sy eie taal homself te bly en sy toekoms uit te bou.
Professor S.P.E. Boshoff (1950) wys daarop dat Preller, meer as enige ander skrywer, Suid-Afrikaners van die Voortrekkers bewus gemaak het. Hy voer aan dat Preller dus beskou kan word as die voorloper van die gedagte om die Voortrekkermonument op te rig.
[wysig] Bronne
- Antonissen, Rob. 1973. Die Afrikaanse Letterkunde - van aanvang tot hede. Nasou.
- Dekker, G. 1974. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk.
- Geldenhuys, D.J.C. 1967 Pannevis en Preller - met hul pleidooie. Johannesburg: Voortrekkerpers.
- Rousseau, Leon. 1984. Die groot verlange. Kaapstad: Human en Rousseau.
- Scholtz, J. duP. 1980. Wording en ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Beperk.