HD188753
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
HD188753 is 'n stelsel van drie sterre in die sterrebeeld Swaan op 149 ligjaar afstand. Die sterre in die stelsel het 'n afstand van mekaar wat ongeveer gelyk is aan die afstand tussen Saturnus en die son. Een van die sterre is 'n geel dwerg, die ander 'n oranje dwerg en die laaste 'n rooi dwerg.
Die helderheid van die stelsel bedra +7,43. Dit is te swak om waarneembaar te wees met die blote oog, maar met 'n klein teleskoop is dit goed sigbaar. George Washington Hough het in 1895 ontdek dat dit 'n meervoudige ster is.
In die stelsel is met die Keckteleskoop in Julie 2005 deur die Poolse astronoom Maciej Konacki 'n planeet, HD188753Ab, ontdek van 1,14 Jupitermassa's. Dit het wetenskaplikes laat dink aan die planeet Tatooine uit Star Wars en mens praat nou oor 'n Tatooineagtige planeet.
Volgens die huidige (2005) gadagtes oor hoe 'n sonnestelsel ontstaan sou mens in meervoudige sterre egter geen planete verwag nie. Die feit dat planete in hierdie soort sterretrio's kan voorkom, kan dalk beteken dat skattings vir die aantal planete in ons melkwegstelsel hoër geraam moet word, immers, sowat 60% van die sterre is 'n onderdeel van 'n meervoudige ster.
HD188753Ab is nie die eerste planeet wat in 'n dubbelster gevind is nie, in 2003 reeds is 'n eksoplaneet ontdek rond Gamma Cephei. In hierdie dubbelster draai die sterre egter op so afstand om mekaar dat hulle nie teveel invloed op mekaar het nie.
Hierdie sonnestelsel is relatief dig opmekaar gepak; die begeleidende sterre, HD188753B en HD188753C, draai albei op 'n afstand van sowat 12 astronomiese eenhede (AE, ongeveer die afstand Aarde-Saturnus) rondom 'n swaarder, sentrale ster, HD188753A. Dit gebeur met 'n omlooptyd van 25,7 jaar. Die planeet draai ook op 'n taamlik kort afstand van 0,05 AE om hierdie sentrale ster. Die twee begeleidende sterre draai in 'n soort van piroeëtte om mekaar met 'n omlooptyd van 156 dae.
Die planeet, wat in Julie 2005 ontdek is, behoort tot die klasse van warm Jupiters, 'n algemene soort eksoplanete wat relatief swaar is en binne enkele dae rondom hulle ster draai. Die vonds bevraagteken heersende opvattings dat hierdie soort planete op relatief groot afstand van hulle ster gevorm word en later na binne beweeg. Mense probeer met hierdie vermoedens die vonds van warm Jupiters te laat rym met bestaande teorieë oor die ontstaan van sonnestelsels, maar dit lyk asof hierdie mening definitief oggeskop moet word. Die ontdekkers trek 'n versigtige gevolgtrekking dat dit lyk asof die protoplanetêre skywe, waaruit planete ontstaan, heeltemaal verskillend in opbou kan wees en dat ons eie sonnestelsel nie noodwendig 'n voorbeeld vir alle sterre is nie.