Bespreking:Hernubare energie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ek sien die AWS gee "hernubaar" en "hernieubaar". Is "hernubaar" nie meer nader aan algemene uitspraak nie? (Sekerlik streeksgebonde) --Alias 22:32, 30 April 2006 (UTC)
- Ek gebruik meesal "hernieubaar", maar ons kan die artikel na "Hernubare energie" skuif. Onder die invloed van "hernuwe" en "hernuwing" is dit moontlik nou die mees gebruikte variant. ---Voyageur 23:00, 30 April 2006 (UTC)
- Die verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal het geen inskrywing vir "hernubaar" nie. Slegs "hernieubaar" word gelys. --198.54.202.254 14:03, 3 Oktober 2006 (UTC)