Bespreking:Hierdie dag in die Geskiedenis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Hierdie redirect werk nie. Is dit dalk 'n fout in die sagteware? As iemand energie en tyd het, raporteer dit asb by bugzilla.wikipedia.org. --Alias 19:49, 10 01 2005 (UTC)
- Sover ek weet is dit opsetlik so dat jy nie redirects kan maak vanaf veranderlikes soos hier nie. Wat jy wel kan doen is om template te "include" deur van veranderlikes gebruik te maak -- kyk na wat ek met Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings gemaak het, veral op die Tuisblad en op die maandblaaie onder. --Dewet 20:45, 10 01 2005 (UTC)
[wysig] Naam
Die artikelnaam "Hierdie dag in die Geskiedenis", is miskien 'n bietjie van 'n probleem. Hierdie dag in die geskiedenis betsaan, en is 'n wyser na Lys van historiese herdenkings. Die kleinletter is natuurlik korrek. Die naam pla my in elkgeval - ek verstaan nou vir die eerste keer wat dit beteken. Is "Vandag in die geskiedenis" nie beter nie? Ons praat egter nou van groot veranderinge: baie bladsye skakel na hierdies. Kommentaar? --Alias 20:05, 10 01 2005 (UTC)
- Wat 'n mens dalk kan doen is om die (verkorte) uitgesoekte herdenkings dmv. 'n templaat op "vandag in die geskiedenis" te plaas, met 'n skakel onder dit na die (volledige) [[dag_maand]] artikel, deur ook van veranderlikes gebruik te maak. Dit sal iets soos volg lyk (vervang natuurlik die dag en maand met veranderlikes in die finale weergawe:
- 800 - Pous Leo III kroon Karel die Grote as keiser, 'n titel wat nie in die die Weste gebruik is sedert die troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie.
- 1776 - George Washington oorkruis die Delawarerivier en oorwin die Hesse by Trenton.
- 1868 - Die Republiek van Ezo word gestig in Hokkaido, Japan deur rebelle getrou aan die onttroonde Tokugawa shogunaat.
- 1991 - Mikhail Gorbachev bedank as president van die Sowjetunie.
Vir 'n volledige lys, sien 25 Desember
- Die alternatief is om bloot alle vandag in die geskiedenis]] met [[{{CURRENTDAY}} {{CURRENTMONTHNAME}}]]-skakels te vervang, wat die gewensde effek sal he. Ek behoort dit maklik te kan script... --Dewet 20:45, 10 01 2005 (UTC)