Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jacques-Pierre de Taffanel de La Jonquière, marquis de La Jonquière (* 18 April 1685 naby Albi, Frankryk, † 17 Maart 1752 in Québec, Kanada) was 'n Franse vlootoffisier en in die jare 1749 tot 1752 goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk in Noord-Amerika.
Tydens sy ampstermyn is daar 'n tydperk van vrede in die langdurige konflik tussen Engeland en Frankryk, nogtans maak De La Jonquière voorsiening vir die verwagte hervatting van die oorlogshandelinge deur die versterking van die Franse troepe en die Franse posisies in die gebied van die Groot Mere en langs die grens van Akadië.
Jonquière, 'n stad in die suide van die Kanadese provinsie Québec, is na De La Jonquière vernoem.