James I
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
James I (James Stuart) (19 Junie, 1566 – 27 Maart, 1625) was Koning van die Skotte (as James VI), Koning van Engeland en Koning van Ierland. Hy was die eerste persoon om na homself te verwys as Koning van Groot-Brittanje. In Skotland het hy as James VI geregeer vanaf 24 Julie 1567 tot en met sy dood. Na die dood van sy niggie, Elizabeth I word hy Koning van Engeland en Ierland waar hy regeer het van 24 Maart 1603 tot en met sy dood. Hy was die eerste monarg van Engeland van die Stuart-stamhuis.