Johan Kriek
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Johan Kriek is ‘n voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler wat twee keer die Australiese Ope enkelspel gewen het.
Kriek is gebore op 5 April 1958 in Pongola en het na Napels, Florida in die VSA verhuis nadat hy in 1978 ‘n professionele manstennisspeler geword het. In sy loopbaan het hy twee keer ‘n sogenaamde “Grand Slam” enkelspel titel gewen deur die Australiese Ope in 1981 en 1982 te wen. Hy het veertien enkelspel titels en agt dubbelspel titels gewen. Kriek het ‘n Amerikaanse burger in Augustus 1982 geword.
In 1981 het hy die Amerikaner Steve Denton in vier stelle 6-2, 7-6, 6-7 en 6-4 geklop om die Australiese Ope enkelspel kampioen te word en hy het Denton in 1982 weer geklop, dié keer in drie stelle, 6-3, 6-3 en 6-2 om die Ope titel.