John Norman
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
John Norman is die skrywersnaam van John Frederick Lange, Jr. (gebore 3 Junie 1931 in Chicago, Illinois, VSA), 'n kontroversiële, reaksionêre filosoof en 'n utopiese / wetenskapfiksieskrywer bekend vir sy "Chronicles of Gor" en sy geskryf oor manlik dominante/vroulik ondergeskikte Knegskap-Dissipline-Sadisme-Masochisme (BDSM). Lange is 'n filosofie professor aan Queens College van die City University of New York. Professor Lange het 'n PhD in Filosofie aan die Princeton Universiteit verwerf. Volgelinge van Norman se filosofie staan bekend as Goreane.
[wysig] Standpunte
Norman is 'n protégé van Edgar Rice Burroughs, en sy invloedryke Gor reeks toon parallelle met Burroughs se John Carter of Mars. Sy romans sluit in lang filosofiese en sosiologiese disertasies wat die onbehaaglikheid van die moderne samelewing (alles van algemene oneerlikheid tot kernwapenvernietiging) kontrasteer met die genesende skoonheid van die natuurlike gemeenskap. Hy plaas klem op om te lewe in ooreenkoms met 'n Nietzschianse natuurlike orde en steun 'n hiërargie van talent.
Gebaseer op hierdie hiërargie en sy gebruik van evolusionêre sielkunde analiseer hy geslagsverskille en suggereer dan dat die vrou 'n ondergeskikte natuurlike helper is en die figuurlike slaaf van die dominante man is. In sy werk het hy dikwels, maar nie altyd nie, hierdie waarneming letterlik toegepas; helde verslaaf die heldinne, wat na verslawing hul verlustig in die ontdekking van hulle natuurlike rol. Norman en die Goreane word gekritiseer vir hierdie sienings.
Sommige entoesiaste beweer dat sy boek Imaginative Sex aantoon dat Norman nie 'n vrouehater is nie maar eerder 'n pionier in menslike seksuele gedrag is en verbind is tot die veilige, verstandige en konsensuele elemente van die BDSM-fantasie. Hierdie positiewe siening word nie deur almal gedeel nie aangesien lesbiërs en feministe in 'n slegte lig gestel word en sy boeke feitlik sonder uitsondering vroue in 'n ondergeskikte rol plaas.
Norman, ook 'n politieke aktivis het sy politieke oriëntasie verskuif van 'n konserwatis na 'n libertyn nadat kritiek teen sy werk opgebou het. Die mate waartoe hy homself beskou as 'n Goreaan is onduidelik.
[wysig] Loopbaan
Norman se loopbaan as 'n filosoof/skrywer kan in vier stadia verdeel word:
- Vroeg 1950's tot vroeg 1960's: Norman begin sy akademiese loopbaan. Hy verwerf sy Baccalaureus Artium graad aan die Universiteit van Nebraska in 1953, en sy M.A. graad van die Universiteit van Suidelike Karlifornië in 1957. Hy trou met Bernice L. Green. Norman verwerf 'n Doktorsgraad in Filosofie in 1963 aan die Princeton Universiteit.
- Laat 1960's tot vroë 1980's: Norman se werk word populêr. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die gewilligheid tot rebelsheid onder jong Amerikaners gedurende die periode wat alternatiewe lewenstyle ondersoek.
- Middel 1980's tot middel 1990's: Groeiende politieke korrektheid, veral feminisme het verbruikers en belange groepe aangespoor om aksies te loods teen die verkoop van Norman se boeke, insluitende die rig van versoekskrifte teen handelaars. Norman se boeke word verwyder van boekwinkels en biblioteke. Norman beweer uitgewers swartlys hom.
- Laat 1990's tot nou: Groter aanvaarding van BDSM en die groei van die Internet lei tot 'n herlewing van Norman se idees sonder die toestemming van die normale publiseerings kanale. Goreane organiseer op die Internet en in die werklike lewe terwyl kleiner uitgewers met beperkte suksesse poog om Norman te laat herleef.
[wysig] Boeke
Wetenskapfiksie:
- Chronicles of Gor (also Chronicles of Counter-Earth) (1967-2001)
- The Telnarian Histories (1991-1993)
Historiese fiksie:
- Time Slave (1975)
- Ghost Dance (1979)
Nie-fiksie:
- Imaginative Sex (1974)