Kabwe
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kabwe is Zambië se oudste myn. Die stad het 'n bevolking van meer as 150 000 en sowat 100 km noord van die hoofstad Lusaka geleë op die vernaamste pad- en spoorverbinding wat die koperstreek met die suide van die land verbind. Die myn is in 1902 geopen en lewer lood, vanadium en sink van hoë gehalte. Hier was voor onafhanklikheidwording van Zambië op 24 Oktober 1964 'n NG gemeente Broken Hill, wat in die jare sewentig met NG gemeente Lusaka moes saamsmelt weens die drastiese afname in die getal lidmate. Daar is ook 'n Broken Hill in Nieu-Suid-Wallis wat van die rykste neerslae silwer, lood en sink ter wêreld het.