Kansas
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kansas is 'n Amerikaanse staat op die Groot Vlakte met 'n oppervlakte van 213 064 vierkante kilometer. Die deelstaat is vernaamste graanstaat in die VSA. Die staat lewer ook sorghum, mielies en suiwel sowel as beesvleis. Die hoofstad is Topeka. Kansas City, die grootste stad met 'n bevolking van meer as 1 500 000, lê weerskante van die Missouri-rivier, met die grootste bevolking in die staat Missouri.