Karel Schoeman
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Karel Schoeman (* Trompsburg, Vrystaat, 26 Oktober 1939) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer.
In 1956 het hy sy matriekeksamen aan die Hoër Jongenskool in die Paarl geslaag. Schoeman het taalkunde aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat gestudeer en in 1959 'n BA-graad behaal. In dieselfde jaar het hy die Rooms-Katolieke geloof aangeneem en aan die Rooms-Katolieke Seminarium St. John Vianney in Pretoria gestudeer. In 1961 het hy die orde van die Fransiskane in Ierland toegetree. Ná drie jaar se novisiaat in die kloosters van Killarney en Gilwald Alhoewel het hy besluit om nie sy gelofte as priester af te lê nie. Hy het in 1964 na Bloemfontein teruggekeer en die Hoër Diploma in Biblioteekkunde behaal.
Inhoud |
[wysig] Pryse en eretoekennings
Karel Schoeman se werk is verskeie kere met pryse bekroon. Hy het drie keer die Hertzogprys gewen (in 1970 vir sy romans By fakkellig, 'n Lug vol helder wolke en Spiraal; in 1986 vir 'n Ander land en in 1995 vir Hierdie lewe). Vir die roman 'n Ander land het hy ook die Ou Mutual-prys, die W.A. Hofmeyr-prys en die Helgaard Steyn-prys opgeraap, terwyl hy vir Hierdie lewe ook die CNA-prys ontvang het. Vir Verkenning het Schoeman in 1997 die M-Net-boekprys en die Stals-prys vir kultuurgeskiedenis gewen. Hy het in 2002 vir 'n tweede keer die W.A. Hofmeyr-prys vir Armosyn van die Kaap opgeraap.
In 1999 het hy in Pretoria die Orde van Voortreflike Diens van Oud-President Nelson Mandela ontvang.
[wysig] Loopbaan
- 1968 - 1973: bibliotekaris in Amsterdam, Nederland.
- 1974 - 1976: verpleër in Glasgow, Skotland.
- Van 1982 tot met sy aftrede in 1999 werk hy as argivaris in die kaartafdeling van die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad.
[wysig] Literêre werk
- 1965: Veldslag
- 1967: 'n Lug vol helder wolke
- 1968: Spiraal
- 1971: Op 'n eiland
- 1972: Na die geliefde land
- 1979: Die hemeltuin
- 1984: 'n Ander land
- 1990: Afskeid en vertrek
- 1993: Hierdie lewe
- 1995: Die uur van die engel
- 1996: Verkenning
- 1998: Verliesfontein
[wysig] Geskiedkundige werk
- Bloemfontein: die ontstaan van 'n stad, 1846-1946 (1980)
- Vrystaatse erfenis (1982)
- Bloemfontein in beeld, 1860-1910 (1987)
- Die Vrijstatia-reeks: Sophie Leviseur: Memories
- Frantz Balfet: Samuel Rolland (1801-1873)
- J.G. Fraser - James Briggs: Sotho War Diaries: 1864-1865
- Die Huis van die Armes: die Berlynse Sendinggenootskap in die OVS, 1833-1869
- Maude Bidwell: Pen Pictures of the Past
- The Free State Mission: the Anglican Church in the OFS, 1863-1883
- Die Herinneringe van JC de Waal
- The Recollections of Elizabeth Rolland (1803-1901)
- The Bloemfontein Diary of Lieut. W.J. St John, 1852-1853
- The Early Days of the Orange Free State
- The Wesleyan Mission in the Orange Free State, 1833-1854
- The Missionary Letters of Gottlob Schreiner, 1873-1846
- The British Presence in the Transorange, 1845-1854
- Armosyn van die Kaap (2001)
- Die laaste Afrikaanse boek (2002)
- Die suidhoek van Afrika (2003)
[wysig] Biografieë
- In liefde en trou (1989)
- Die wêreld van die digter (1986)
- Olive Schreiner: 'n Lewe in Suid-Afrika, 1855-1881 (1989)
- Only an anguish to live here: Olive Schreiner and the Anglo-Boer War, 1899-1902, (1992)
- Die wêreld van Susanna Smit, 1799 - 1863 (1995)
- Dogter van Sion (1997)
- Merksteen (1998)
- The Face of the Country: A South African family album, 1860-1910 (1996)
- Witnesses to War: Personal documents of the Anglo-Boer War (1899-1902)
- From the the collections of the South African Library (1999)
- Stamland (1999)
[wysig] Vertalings
Vertalings van Schoeman se romans het in Engels, Frans, Nederlands, Duits en Russies verskyn.
[wysig] Frans
Vertalings van Karel Schoeman se werk in Frans : / Ouvrages de Karel Schoeman traduits en français :
Kortverhale: / Nouvelles :
Dans le parc (Die park na die val van die blare); L'hôtel (Die hotel); Point de rupture (Onderbreking), traduites de l'afrikaans par Pierre-Marie Finkelstein in Caravanes, Éditions Phébus, Paris 2003
Romans :
- En étrange pays ('n Ander land), traduit de l'anglais par Jean Guiloineau, Éditions Robert Laffont, Paris 1993 et Éditions Rivages, Paris 1998.
- La saison des adieux (Afskeid en vertrek), traduit de l'afrikaans par Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Paris 2004 (Prix Amphi 2006).
- Retour au pays bien-aimé (Na die geliefde land), traduit de l'afrikaans par Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus, Paris 2006.
- Cette vie (Hierdie lewe), traduit de l'afrikaans par Pierre-Marie Finkelstein, Éditions Phébus (à paraître).