Kliënt-bediener
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kliënt-bediener is 'n model in netwerkargitektuur waar die kliënt (dikwels met 'n grafiese koppelvlak) van die bediener geskei word. Elke instansie van die kliëntsagteware kan versoeke stuur aan 'n bediener of programbediener.
Alhoewel hierdie idee toegepas word op 'n verskeidenheid maniere op 'n groot verskeidenheid programmatuur, is die maklikste voorbeeld vir visualiseringsdoeleindes die huidige gebruik van webbladsye op die internet. As u byvoorbeeld 'n artikel op Wikipedia lees, kan u rekenaar en webblaaier beskou word as 'n kliënt en die rekenaars, databasisse en programme wat Wikipedia uitmaak kan beskou word as 'n bediener. Wanneer u blaaier 'n spesifieke artikel vanaf Wikipedia versoek, spoor die Wikipedia bediener al die inligting op wat benodig word om die artikel in die databasis te vertoon, stel dit saam in 'n webblad en stuur dit na u webblaaier terug vir u om dit te besigtig.
[wysig] Eienskappe
'n Kliënt-bediener argitektuur is bedoel om 'n opskaalbare argitektuur te verskaf, waardeur elke rekenaar of proses op die netwerk òf 'n kliënt òf 'n bediener kan wees. Bedienersagteware loop dikwels (maar nie altyd) op kragtige rekenaars wat toegewy is om uitsluitlik die betrokke besigheidsprogrammatuur te loop. Kliëntsagteware aan die ander kant loop gewoonlik op algemene persoonlike rekenaars of werkstasies. Kliënte kry al, of die meeste van hul inligting vanaf die bediener insluitend konfigurasielêers, besigheidsprogramme ensomeer. Verder kan hulle ook van die programmatuur wat 'n hoë werklas meebring afstaan aan die bediener sodat die kliëntrekenaar ander take kan uitvoer.
Eienskappe van 'n bediener:
- Passief (Slaaf)
- Wag vir versoeke
- Reageerop versoeke, voer hulle uit en stuur 'n antwoord
Eienskappe van 'n kliënt:
- Aktief (Meester)
- Stuur versoeke
- Wag tot 'n antwoord ontvang word