Leunende Toring van Pisa
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Leunende Toring van Piza was nog nooit reguit nie: Kort nadat die bouery in 1173 begin is, het die fondasie ongelyk geset. Konstruksie is gestaak en eers 'n honderd jaar later weer voortgesit. Van die begin af was dit duidelik sigbaar dat die Toring van Pisa na die Suide leun.
Sedert gereelde opmeting van die Toring in 1911begin is, het die bo-kant van die Toring 1,2 millimeter per jaar geskuif. Vandag is die bokant van die toring sowat 5,3 meter van die middelpunt af. Nadat die kloktoring van die Katadraal van Pavia in 1989 in duie gestort het, het Consorzio Progetto Torre di Pisa (Toring van Pisa Projek Konsortium) ingenieurs aangestel om die Leunende Toring te stabiliseer. Omdat die Toring in die eerste paar jaar in verskillende rigtings begin hang het, is dit effens gebuig, soos 'n piesang. Ingenieurs is besig om aan die voet van die Toring te werk eerder as aan die struktuur, met die hoop dat die bokant sowat 20 cm sal terugskuif. Dit beteken dat die 800 jaar oue toring nog steeds sal leun.