Livingstone
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Toerismedorp op die suidelike grens van Zambië met Zimbabwe, sowat 380 km suidwes van die hoofstad Lusaka. Dit was die hoofstad van Noord-Rhodesië van 1911 tot 1935, toe dit deur laasgenoemde vervang is. Daar is 'n museum oor die lewe en reise van dr. David Livingstone (1831-73), na wie die dorp vernoem is. Dit is die hoofstad van Zambië se Suidelike Provinsie en van die gewasse wat hier verbou word, is onder meer katoen, mielies, tabak en suikerriet. Die Victoria-waterval is 11 km suidwes van die dorp geleë. Die naam is in 'n stadium na Maramba verander, maar dit het blykbaar nie byval gevind nie. Die bevolking is meer as 100 000.