Macbeth
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Macbeth is een van William Shakespeare se bekendste toneelstukke en ook sy kortste tragedie. Dit word gereëld by professionele en gemeente-teaters reg oor die wêreld opgevoer.
Die toneelstuk is losweg gebaseer op die geskiedkundige relaas van Koning Macbeth van Skotland deur Raphael Holinshed en die Skotse filosoof Hector Boece.[1] Die toneelstuk word oor die algemeen beskou as 'n tipiese verhaal oor die gevare van grootheidswaan en verraad.
Macbeth is in Afrikaans vertaal deur Eitemal en is onder dieselfde titel vir die eerste keer in 1965 uitgegee.