Maria Pia-brug
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Maria Pia brug (Portugees: Ponte de D. Maria Pia) is 'n enkelspoor spoorbrug in Portugal oor die Douro tussen Porto en Vila Nova de Gaia. Die spoorlyn is nie meer in gebruik nie nadat dit in 1991 vervang is deur die nuwe São João brug wat deur die ingenieur Edgar Cardoso ontwerp is.
[wysig] Naam
Die brug is vernoem na die Portugese koningin Maria Pia de Sabóia (1861 — 1889) van die huis van Savoye, prinses van Italië. Op 4 November 1877 word die brug feestelik geopen deur die Portugese koningspaar. Die nabygeleë baie soortgelyke brug, die Dom Luis I-brug, heet na haar man, Dom Louís I, koning van Portugal (1861 - 1889).
[wysig] Ontwerp en konstruksie
Die totale lengte van die staal boogbrug is 352 m. Die middelste boog was ten tye van die opening in 1877 die grootste ter wêreld.
Die brug, met enkelspoor, is tussen 1875 en 1877 deur Gustave Eiffel en Théophile Seyrig gebou.
Die Maria Pia brug is tot 1991 vir spoorwegverkeer gebruik. Sedertdien is treinverkeer oor die Douro op die nuut geboude São João brug verlê.