Marthinus Theunis Steyn
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Marthinus Theunis Steyn (M.T. Steyn) was die laaste President van die Republiek van die Oranje-Vrystaat.
Inhoud |
[wysig] Agtergrond
Hy is gebore op die plaas Rietfontein in die distrik Winburg op 2 Oktober 1857. Steyn is oorlede op 28 November 1916. Steyn se pa, Marthinus, was 'n lid van die Vrystaatse Volksraad en 'n vriend van President J.H. Brand. Steyn het aan Grey College in Bloemfontein sy skoolloopbaan ontvang en later in Nederland verder studeer, aan die Universiteit van Leiden.
Steyn is in 1882 tot die balieraad toegelaat en teruggekeer na die Vrystaat. Sy praktyk in Bloemfontein het goed gedoen en in 1889 is hy aangestel as Prokureur-Generaal van die Oranje-Vrystaat. Hy is ook as regter aangestel in dieselfde jaar.
[wysig] President van die OVS
Toe President F.W. Reitz bedank het in 1895, was Steyn vir baie die logiese keuse as opvolger. Hy is geopponeer deur J.G. Fraser, toevallig sy vrou, Tibbie, se oom. Steyn is verkies as President nadat Fraser gekant was teen beter samewerking met die Zuid-Afrikaansche Republiek. Steyn het samewerking bepleit en die Jameson inval in die ZAR het die kiesers beinvloed om vir Steyn te stem. Steyn het 6877 stemme op hom verenig teenoor Fraser se 1367. Hy is in Maart 1896 as President ingesweer.
Beter verhoudinge met die ZAR het egter nie beteken Steyn het samewerking met die res van Suid-Afrika uitgesluit nie. Steyn het geglo dat die Boererepublieke baie simpatie uit die res van die kolonies kon ontvang vanweë die Jameson inval. Die nuwe Britse Hoë Kommissaris, Sir Alfred Milner het egter geglo in 'n federasie van Suid-Afrikaanse state onder die Britse vlag.
[wysig] Die Anglo-Boere-oorlog
Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog in 1899 het Steyn geen keuse gehad om die ZAR se oorogverklaring teen Brittanje te steun nie. As hoof van 'n regering moes hy vlug nadat Bloemfontein deur die Britse troepe oorgeneem is, maar het steeds as reisende regering die oorlog teen die Britte aan die gang gehou. Hy was versetlik gekant teen oorgawe aan Brittanje. Hy is landuit na die vrede van Vereeniging onderteken is, maar keer in 1904 terug na Suid-Afrika, om weer toe te tree tot die aktiewe politiek.
[wysig] Dood van President Steyn
Die uitbreek van die Rebellie in 1914 was vir Steyn 'n pynvolle episode. Dit, saam met die Anglo-Boere-oorlog het hom sterk bëinvloed. Steyn is oorlede op 28 November 1916 toe hy 'n vroue vereniging vergadering in Bloemfontein toegespreek het. Hy aan by die Vroue Monument in Bloemfontein begrawe.