Menstruasie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Meisie se liggaam begin meer vroulike kenmerke tydens puberteit (vanaf die ouderdom van 11 - 12) ontwikkel. Dit is ook in hierdie tyd wanneer die menstruasie-siklus begin. Die menstruasie-siklus vind plaas om 'n meisie se liggaam vir moontlike bevrugting en swangerskap voor te berei. Die siklus word deur die hormone vanuit die buise van Fallopius, en van kliere in ander dele van die liggaam, beheer. Die siklus neem ongeveer 28 dae om te voltooi, alhoewel dit kan wissel van 21 tot 35 dae. Die endometrium (binne-voering) van die baarmoeder gaan deur vier stadiums of fases tydens die menstruasie-siklus.
Inhoud |
[wysig] Stadiums van die uterus
[wysig] Stadium 1: Menstruasie
Die endometrium kom bietjie vir bietjie los. Dit verlaat die liggaam in die vorm van bloedvloei. Hierdie vloei van bloed word menstruasie genoem, sinoniem vir maandstonde.
[wysig] Stadium 2: Herstelfase
'n Nuwe endometrium word net hierna weer op die baarmoederwand opgebou. Terselftertyd voltooi 'n ovum sy ontwikkeling in die Fallopiusbuis, en word ongeveer op die veertiende dag van die siklus vrygestel. Die vrystelling van die ovum word ovulasie genoem.
[wysig] Stadium 3: Ontvangsfase
Die baarmoeder ontwikkel intussen die regte toestand om 'n bevrugte ovum te kan ontvang. Indien die ovum met 'n spermsel, van die manlike geslag, versmelt het (bevrug is), sal dit binne die baarmoederwand inplant en swangerskap sal begin.
[wysig] Stadium 4: Pre-menstruale fase
Indien die eiersel nie bevrug word nie, begin die endometrium weer loskom, soos in stadium 1.