New Hanover, KwaZulu-Natal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
New Hanover is 'n klein dorpie in die KwaZulu-Natalmiddellande, Suid-Afrika. Dit is omtrent halfpad tussen Pietermaritzburg en Greytown geleƫ. New Hanover is in die 1850s deur Duitse katoenboere gestig. Vandag is die hoof ekonomiese produk suikerriet gevolg deur vrugte, graan en bosbou. Dit is naby ander nedersettings met 'n Duitse oorsprong soos Wartburg, Kirchdorf, Lillienthal, Schroeders en Hermannsburg.