Onse Vader
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Mat 6:9-13 (1953)
9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
[wysig] Luk 11:2-4 (1953)
2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
[wysig] Gebruike
Ian McCormack het dié gebed (in engels: The Lord's Prayer) gebid toe hy tot bekering gekom het en dit het veroorsaak dat hy die hel, die hemel en God gesien het, maar weer kon terug keer om sy ma (en die res van die mense op die aarde) te sê en te getuig dat hy gered is en hoe hy gered is van hierdie wêreld van sonde.
Die lied Millennium Prayer deur Sir Cliff Richard is ook hierdie gebed.