Paul Roux
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die dorp Paul Roux in die Oos-Vrystaat is in 1909 gestig deur Dominee Paul Roux na wie die dorp vernoem is. Paul Roux is bekend vanweë historiese dinosaurus voetspore wat op ‘n plaas in die omgewing te sien is, asook die feit dat ‘n voormalige Eerste Minister en later Staatspresident van Suid-Afrika, PW Botha, op die Plaas Telegraaf naby die dorp gebore is.