Pella
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes van Pofadder in die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika). Die dorp is omstreeks die jaar 1814 as 'n sendingpos van die Londense Sendinggenootskap gestig, toe Christelike Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord van Christene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur die Rynse Sending en in 1875 uiteindelik deur die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem.
Die kerk op Pella is deur Franse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangelê. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoë gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog. Half-edelstene is volop in die gebied.