Periode (Periodieketabel)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
In die periodieke tabel van die elemente is 'n periode 'n horisontale ry van die tabel. Periodesingedelings wortd gedoen gegrond op die elektronkonfigurasie van die elemente. Elke periode eindig aan die regterkant van die periodieke tabel met 'n edelgas waarvan die buitenste elektronskil heeltemal gevul is. Omdat die skille nie almal eweveel elektrone bevat nie, is die periodes nie almal ewe lank nie. Daar is 'n direkte verband tussen die periodenommers en die hoofkwantumgetalle van die skil wat in die periode gevul word.
Die aantal elektronskille van 'n atoom bepaal aan watter periode dit behoort. Elke skil word in verskillende subskille verdeel, wat met toenemende atoomgetal rofweg in die onderstaande volgorde gevul word:
1s 2s 2p 3s 3p 4s 3d 4p 5s 4d 5p 6s 4f 5d 6p 7s 5f 6d 7p 8s 5g 6f 7d 8p ...
Daarom die struktuur van die periodieke tabel. Aangesien die heel buitenste elektrone chemiese eienskappe bepaal, is dit gewoonlik soortgelyk binne periodieketabelgroepe.
Elemente langs mekaar binne 'n 'n groep het soortgelyke fisiese eienskappe, ondanks die beduidende verskil in massa. Elemente langs mekaar binne 'n periode het soortgelyke massa maar verskillende eienskappe.
Daar is in totaal sewe periodes in die periodieke tabel wat van 1 tot 7 genommer is.
Ander groeperinge in die periodieke tabel is:
Kyk ook:
- Periode 1 element
- Periode 2 element
- Periode 3 element
- Periode 4 element
- Periode 5 element
- Periode 6 element
- Periode 7 element
- Periode 8 element
- Periode 9 element