Philippolis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Philippolis, die oudste nedersetting in die Vrystaat (Suid-Afrika), is in 1825 deur Adam Kok en sy Griekwas gestig. In 1861 is die dorp van die Griekwas gekoop, en hulle kerk deur 'n Nederduits-Gereformeerde kerk vervang, wat in 1871 ingewy is. Die preekstoel, wat uit olienhout gesny is, is 'n besienswaardigheid in die dorp.
Toe die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog die dorp beset het, is die kerk as 'n fort gebruik. Die gebou huisves tans die Transgariep-museum.