Pointe-à-Callière
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pointe-à-Callière is die plek waar die stad Montréal (Québec, Kanada) op 17 Mei 1642 gestig is. Aanvanklik is hier 'n fort opgerig.
Tans neem die moderne Pointe-à-Callière-museum, wat die geskiedenis en argeologie van Montréal behandel, die plek in. Die museum, wat ter geleentheid van Montréal se 350-jaar-feesviering op 17 Mei 1992 gestig is, bewaar die argeologiese erfenis van die stad en bied talle permanente en tydelike tentoonstellings, asook 'n verskeidenheid opvoedkundige aktiwiteite aan.