Port Alfred
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Port Alfred is 'n gewilde vakansieoord in die provinsie Oos-Kaap, Suid-Afrika, wat uitstekende geriewe vir alle soorte watersport bied. Die dorp by die monding van die Kowierivier lê halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-Londen. Die Methodist Settlers' Church uit die jaar 1827 is 'n nasionale monument.