Postmasburg
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Postmasburg is 'n dorp in die Kalahariwoestyn van die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika), wat veral as 'n sentrum, van die mangaan-, asbes- en diamantemynbou bekend staan. Die Gatkoppiesmyn sowat vyf kilometer noord van Postmasburg is 'n belangrike argeologiese terrein. Opgrawings, wat hier gedoen is, het die bewys gelewer dat die Khoisan reeds omtrent die jaar 700 hier met mynbou besig was.Hulle het 'n rooi stof wat van die ystererts afkomstig was gebruik om hul velle en gesigte te kleur genaamd blinkklip of wetenskaplik die hematiet.
70 km suid van Postmasburg is die natuurwonder bekend as Witsand natuur reservaat wat beskik oor die mooiste woestyn sandduine asook die brulsand wat veral in die somer 'n brulgeluid maak as jy daarop loop by die hoÊ duine in die droË maande van die somer.