Rikshas
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Rikshas verwys na mens-aangedrewe waens wat vir ligte vervoer gebruik word.
Dit het sy ontstaan in Japan te danke en is na Natal (tans KwaZulu-Natal) gebring deur ‘n suikermagnaat, Sir Marshall Campbell in die 1890’s. Teen 1903 was daar meer as ‘n duisend rikshas in Durban wat as ‘n vorm van openbare vervoer gedien het. Ander rikshas het in Pietermaritzburg, Kaapstad, Pretoria en selfs Rhodesië (vandag Zimbabwe) diens gedoen.
Funksionaliteit het met tyd rikshas in toeriste-aantreklikheid verander. Teen die 1930’s het Rikshas oral verdwyn behalwe in Durban, waar ‘n klompie steeds toeriste aan die Durbanse strandfront bedien. Die Zoeloe riksha trekkers het baie versierings begin aanbring en die riksha en sy waentjie versier hulself met kralewerk, pels en etlikekleurvolle artikels.