Rosettasteen
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Rosettasteen is 'n donker granietsteen wat in 1799 in Egipte ontdek is. Dit is 'n verordening wat dateer uit 196 v.C. van priesters van die dorp Memphis wat die lof besing van Ptolemeus V, onder andere vir die verligting van sekere belastings. Die teks is in twee tale, Egipties en Grieks, met die Egipties in twee tipes skrif, Egiptiese hiërogliewe en demotiese skrif. Die ontdekking van die Rosettasteen het dit moontlik gemaak om hiërogliewe te ontsyfer aangesien die teks in die drie weergawes weergegee is
Die steen is in 1799 deur 'n Franse soldaat ontdek by die hawestad Rosetta (ook bekend as Rasjied) in die tyd van die Franse besetting van Egipte onder Napoleon. Later is nog twee ander verorderings gevind, die verordening van Kanopus en die verordening van Memphis. Hierdie twee is ook tweetalig en in drie tipes skrif geskryf en gee daarmee verdere inligting oor die demotiese en hiërogliewe skrif van die Egiptiese taal.
Die betekenis van hiërogliewe bly 'n misterie vir eeue, maar die steen speel 'n sleutelrol in die ontsyfering van hiërogliewe deur Jean-François Champollion in 1822.
Die Rosettasteen word ten toon gestel in die Britse museum in Londen, waar dit sedert 1802 bewaar word.
[wysig] Eksterne skakels
- Die Rosettasteen in die Britse Museum (Engels)
- 'n Vertaling van die teks van die steen (Engels)