Ryswyk
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ryswyk (Nederlands: Rijswijk) is 'n voorstad van Den Haag ('s-Gravenhage) in die provinsie Suid-Holland (Nederland).
Met die Vredesooreenkoms van Ryswyk eindig in 1697 die Negejarige Oorlog, wat in 1688 deur die Franse koning Lodewyk XIV begin is.
Lodewyk XIV staan die Réunions ("Herenigings"; Duitse en Nederlandse gebiede wat deur Frankryk beset is) weer af, behalwe vir die gewes Elsas met Straatsburg teen die linke Rynoewer, en erken Willem van Oranje as koning van Engeland.