Seldsame aardelement
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
"Seldsame aardelemente" en "seldsame aardmetale" is triviale name wat soms toegepas word op 'n versameling van sestien chemiese elemente in die periodieke tabel, naamlik skandium, yttrium, en veertien van die vyftien lantaniede (uitgesluit prometium), wat natuurlik op Aarde voorkom. Die eerste twee word ingesluit aangesien hulle neig om saam met die laasgenoemde dieselfde ertsneerslae. Sommige definisies sluit ook die aktiniede in.
"Aard" is 'n verouderde term vir oksied. Tydens die ontdekking van die elemente is daar geglo dat ertse van die elemente as minerale baie skaars was. Die term "seldsame aard" is egter nou uitgedien aangesien die elemente in werklikheid betreklik vollop in die aardkosr voorkom; die vollopste , serium, teen 68 dele per miljoen, is die 25ste vollopste element in die aardkors, meer alegmeen as lood, terwyl selfs die skaarste "seldsame" aardelement, lutetium, 200 keer vollopper as goud is.
Die hooh ekonomiese bronne van seldsame aardelemente is die minerale bastnasite, monazite, en loparite en die lateritiese ioon-adsorbsie kleie. Ondanks hulle betreklike vollopheid is dit moeiliker om die elemente te ontgin as die bronne van oorgangsmetale (deels as gevolg hulle baie soortgelyke eienskappe), wat hulle relatief duur maak. Vir meer detail oor die eienskappe en gebruike van die elemente, kyk lantaniede.