Sonskoorsteen
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug.
Die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 'n swartgeverfde skoorsteen. In daglig verhit die sonenergie die skoorsteen wat die lug daarbinne verhit en 'n opwaartse stroom lug daarin bewerkstellig. Die suigkrag wat deur die lugstroom by die skoorsteen se basis veroorsaak word kan gebruik word om ventilasie en verkoeling van die gebou daaronder te bewerkstellig. In die meeste wêrelddele is dit gewoonlik makliker om windkrag vir sulke ventilasie doeleindes te benut, maar nie op warm windlose dae wanneer so 'n toring ventilasie kan verskaf waar daar andersins geen ventilasie sou wees.
Hierdie beginsel is al voorgestel vir die opwekking van elektriese krag, wat 'n groot kweekhuis by die basis gebruik eerder as om op die verhitting van die skoorsteen self staat te maak.
Die hoofprobleem met die benadering is die relatiewe klein temperatuurverskil tussen die hoogste en laagste temperature in die stelsel. Carnot se teorie beperk die doeltreffendheid van die omsetting tot 'n groot mate onder hierdie omstandighede.
Inhoud |
[wysig] Kragstasie ontwerpe
[wysig] Geskiedenis
In 1903 het 'n Spaanse Kolonel Isidoro Cabanyes die eerste sonskoorsteen in die tydskrif "La energia eléctrica" [1] beskryf. Een van die vroegste beskrywings van 'n sonskoorsteen kragstasie is in 1931 deur die Duitse skrywer, Hanns Günther gedoen. Vroeg in 1975 het Robert E. Lucier aansoek om patente gedoen vir 'n sonskoorsteen toestel; hierdie patente wat sedertien al verstryk het is tussen 1978 en 1981 toegestaan in die VSA[2], Kanada[3], Australiëē[4] en Israel[5]. Schlaich, Bergerman en Partner het meer onlangs onder leiding van die Duitse Ingenieur Prof. Dr. Ing. Jörg Schlaich 'n kleinskaalse werkende model van 'n sonskoorsteen in 1982 in Manzanares in Spanje, sowat 150 km suid van Madrid met bevondsing van die Duitse regering gebou. Hierdie kragstasie is vir 8 jaar lank suksesvol bedryf en is in 1989 uit bedryf gestel. Die skoorsteen het 'n deursnee van 10 meter gehad met 'n hoogte van 195 meter, met 'n kweekhuis van 46 000 m2 (deursnee van 244 m) gehad en 'n maksimum kraguitset van 50 kW gehad.
[wysig] Toekomstige ontwikkelinge
Daar word tans studies gedoen by 'n ligging in Nieu Suid-Wallis, Australië, waar beoog word om 'n werkende Sonskoorsteen kragstasie teen 2008 voltooi te hê. Die maksimum kraguitset van die voorgestelde projek kan so hoog as 200 MW wees.
[wysig] Eksterne skakels
- Schlaich, Bergerman en Partner se webwerf
- Oopbron Sonskoorsteen Energieprojek
- Environmission International EarthNews Online
- Sonskoorsteen artikel vanaf Global Warming Solutions]
- EnviroMission Ltd. van Australië se webwerf
- Wentworth Shire, NSW - Sonskoorsteen webwerf
- Santa Clara University Kennedy Mall Commons
- 'n Werf met goeie beelde wat kunstenaarsindrukke vertoon
[wysig] Artikels
- "Solar Tower of Power Finds Home" by Wired tydskrif
- "A Tower in Oz to Touch the Sun" by Wired tydskrif
- "A Technology to Save the Planet" by Daily Kos