Springbokpark, Pretoria
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Springbokpark of Springbokparkie soos dit ook bekendstaan, is 'n park in Hatfield, Pretoria, Suid-Afrika. Die drie hektaar bebosde park met inheemse plantegroei is tussen twee besige eenrigtingstrate Pretoriusstraat en Scoemanstraat en die systrate Hildastraat en Grosvenorstraat geleë. Die park bevat ongeveer 100 Witstinkhoutbome en 'n aantal ander inheemse bome. "n Dammetjie in die Westelike deel van die park word deur 'n stroom met 'n klein waterval met 'n groter dam met watervoëls verbind. Die park word versier met blou Agapanthusse en bolplante soos Watsonia en Swaardlelies wat in die somer blom en oranje en geel Namakwalandse Madeliefies en ander eenjarige plante wat in die lente vir 'n kleuirskouspel sorg. Die park is binne loopafstand van die Universiteit van Pretoria en is 'n gewilde plek vir huwliksfoto's. Dit is in die 1970's tot nasionaal monument verklaar. [1]
[wysig] Verwysings
- ↑ City of Tshwane Parks in Tshwane, Besoek op 29 Desember 2006