Stam (biologie)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Stam, ook phylum of afdeling, is 'n takson uit die taksonomie. Die konsep phylum word meestal verbind met 'n bouplan van 'n organisme.
In die oorspronklike opstel van van die taksonomie (deur Carolus Linnaeus) was daar nog geen sprake van phyla nie, Linnaeus het diere in 6 klasse verdeel: die Pisces (visse), Amphibia (amfibieë), Aves (voëls), Mammalia (soogdiere), Insecta (insekte) en die Vermes (die res). Die vier eersgenoemde klasse word tans saam met nog enkele groepe ingesluit in die phylum Chordata, die insekte vorm 'n onderdeel van die Geleedpotiges en die Vermes is opgedeel in 'n groot aantal phyla. In totaal word daar by diere so 35 phyla onderskei, wat egter ook weer op diverse hoër vlakke gegroepeer word. Die presiese aantal phyla hang van die outeur af.