Suikerbosrand Natuurreservaat
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Suikerbosrand Natuurreservaat is 'n natuurreservaat by Heidelberg, Gauteng. Dit is vernoem na die suikerbos wat oral in die reservaat voorkom. Plantegroei wissel van oop grasvlaktes met kranse en klowe tot beboste valleie en fynbos. 'n Verskeidenheid diere kom voor in die reservaat soos blesbok, bobbejaan, eland, gewone duiker, grys duiker, koedoe, oribi, rooi hartebeest, steenbok, springbok, swart wildebeest en zebra.
'n Groot verskeidenheid van voëls word ook in die reservaat aangetref, soos die bosveldtjeriktik, bergpatrys, rooivlerkpatrys, rooiborsjakkalsvoël, sekretarisvoël, witkruisarend, bergwagter, draaihals, rooikeelflap, rooioogtiptol en Kaapse wewer.