Tadoussac
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Tadoussac is 'n dorp in Québec, sowat 130 myle (210 km) suid-wes van Ville de Québec, met sowat 1 000 inwoners. Dit is Frankryk se eerste handelspos op die vasteland van Nieu-Frankryk (nou Québec) en word in 1600 deur Pierre de Chauvin, Sieur de Tonnetuit, gestig. Aanvanklik is 'n klein "habitation" opgerig, maar van die 16 mans in die nedersetting oorleef net vyf die strawwe winter van Québec. Tadoussac bly 30 jaar lank die enigste seehawe teen die Saint-Laurentrivier.
Die hedendaagse dorp lê digby die ou nedersetting, teen die monding van die Saguenayrivier in die Saint-Laurentrivier, en is 'n gewilde toeristebestemming. Naas die natuurskoon, die Saguenayfjord en sy omgewing met 'n aantal natuurparke kan 'n mens hier ook walvisse sien.
Die Centre d'Interprétation des Mammifères Marins behandel die soogdiere van die see.