Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/7 Augustus
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
7 Augustus: Onafhanklikheidsdag in die Ivoorkus (1960)
- 1794 - Boere in Pennsilvanië rebelleer teen federale belasting op drank, en begin die Whiskeyrebellie.
- 1927 - Die Vredebrug tussen Fort Erie, Ontario en Buffalo, New York word in gebruik geneem.
- 1972 - Ugandese leier Idi Amin gee Asiate 90 dae om die land te verlaat.
- 1998 - Bomaanvalle op die VSA se ambassades in Dar es Salaam en Nairobi dood 224 en beseer meer as 4 500 mense.
- 1987 - 'n Amerikaanse vrou word die eerste persoon om oor die Beringstraat van die VSA na die Sowjet-Unie te swem.
- 2003 - Amrozi bin Nurhasyim word skuldig bevind aan die bomaanval op 'n nagklub in Bali in 2002 waarin 190 mense gesterf het.