Upington
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Upington is geleë op die walle van die Oranjerivier in die Noord-Kaap en is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olijvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Vandag is Upington 'n klein stad met sowat 60 000 inwoners. Dit dien as die administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap.
Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noord-weste van Suid-Afrika. Die stad beskik oor 'n lughawe.
[wysig] Eksterne skakels
[wysig] Bronnelys
- Die Gemsbok 1965/8/20