Voeding
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Voeding is nodig sodat die liggaam al die nodige lewensfunksies kan uitvoer. Alle lewende organismes moet gevoed word.
Inhoud |
[wysig] Vier redes waarom die liggaam voedsel nodig het
- Energie. Voedsel is die liggaam se brandstof en voorsien energie aan al die selle sodat hulle hul funksies kan verrig.
- Groei. Voedsel verskaf die boustowwe vir die vervaardiging van nuwe selle.
- Beskerm teen siektes. 'n Verskeidenheid van voedsel is nodig om weerstand teen siektes te bied.
- Herstel en vervanging van beskadigde weefsel. Voedingstowwe word benodig om dooie selle te vervang en wonde te genees.
[wysig] Dieet
Die voedsel wat 'n mens eet, staan bekend as sy of haar dieet. 'n Gebalanseerde dieet sal voedsel van al die voedselsoorte bevat asook die regte hoeveelhede daarvan. Die hoeveelheid voedsel wat ons benodig word bepaal deur die volgende faktore:
- ouderdom;
- geslag; en
- aktiwiteitsvlak
[wysig] Koolhidrate
Die mens het die grootste hoeveelheid van graan en graanprodukte nodig, omdat dit 'n onmiddellike bron van energie is wat nodig is vir ál die liggaamsfunksies. Die belangrikste koolhidraat vir die verskaffing van onmiddellike energie, is glukose. Glukose word in die vorm van stysel in graan en graanprodukte geberg.
[wysig] Proteïene
Die drie hooffunksies van proteïene is:
- Dit dien as 'n boustof
- Vir normale groei van spiere
- Herstel van seerplekke
Voorbeelde van voedselsoorte wat ingeneem moet word om proteïene aan die liggaam te verskaf, is vleis, vis, eiers, boontjies, ens.
[wysig] Vitamiene
Vrugte en groente is 'n baie belangrike komponent van die dieet omdat dit vitamiene aan die liggaam verskaf wat die liggaam in 'n goeie, werkende toestand hou.
[wysig] Voedselsoorte wat die menslike liggaam benodig
Voorbeeld van bron | Voedselsoort | Funksie | Verteerde produk |
---|---|---|---|
Vleis, vis en eiers | Proteïene |
|
aminosure |
Brood en lekkers | Koolhidrate |
|
Glukose |
Botter en sonneblomolie | Vette en olies |
|
Vetsure en gliserol |
Vrugte en Groente | Vitamiene |
|
Vitamiene word nie verder verteer nie |
Kaas, kool ens. | Mineraalsoute | Minerale word nie verder verteer nie | |
Veselryke kos | Ru-vesel |
|
Ru-vesel word nie verder verteer nie |
Water | Water |
|
Water word net so benut |