Wepener
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wepener is 'n dorp in die Vrystaat op die grens met Lesotho. Die dorp is gestig in 1867 ter nagedagtenis aan Louw Wepener, 'n held van die Basoeto oorloë wat in 1865 tydens 'n militêre konfrontasie met die Basoetos doodgeskiet is. Die dorp is geleë aan die Jammersbergspruit, 'n sytak van die Caledonrivier.
In die Wepener distrik het heelwat gevegte plaasgevind gedurende die 19de eeu. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog in April 1900 is 2000 Britse soldate vir 17 dae deur genl Christiaan de Wet se magte beleër totdat versterkings opgedaag het. Die Britse magte in die dorp is deur Kolonel E.H. Dalgety gelei.