Wikiquote
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wikiquote is 'n susterprojek van Wikipedia, en gebruik dieselfde MediaWiki sagteware. Dit is een van 'n familie van wiki-gebaseerde projekte wat deur die Wikimedia Foundation bedryf word. Gebaseer op 'n idee van Daniel Alston en geïmplementeer deur Brion Vibber, die doel van die projek is om 'n groot verwysingwerk te skep, bestaande uit aanhalings van mense, boeke en gesegdes, en om verdere inligting oor hulle te gee.
Die Afrikaanse wikiquote begin vorm aanneem by http://af.wikiquote.org/, alhoewel die Engelse wikiquote by http://en.wikiquote.org/ veel groter is.