Williston (Noord-Kaap)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Williston is 'n dorp in die Karoo-Hoogland van die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap.
[wysig] Geskiedenis
Johan Abraham Nel, 'n burger van Stellenbosch, het op 10 Julie 1768 gedurende die geboorte van sy seun by 'n fontein naby die Sakrivier gerus en by hierdie geleentheid 'n amandelboompie geplant. Dit het later tot 'n reusagtige boom en 'n soort oase in die andersins boomlose gebied van die Karooberge ontwikkel.
Die Switser Johann Heinrich Lutz het hier in 1845 'n sendingstasie opgerig en dit Amandelboom genoem. Die naam is later ter ere van die Britse kolonel-sekretaris van die Kaapprovinsie, H. Willis, gewysig tot Williston.
Williston strek oor 'n oppervlak van 13 264 vierkante kilometer en het in 1926 'n amptelike distrik geword. Die plaaslike ekonomie steun veral op skaapteelt.
[wysig] Besienswaardighede
Williston staan bekend vir sy "Grafsteenroete", 'n huldeblyk aan die plaaslike grafsteenmakers, wat van hulle ambag 'n soort volkskuns gemaak het. Grafstene word van die plaaslike sandsteen gemaak.