25 Januarie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
25 Januarie is die 25ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 340 dae in die res van die jaar (341 in skrikkeljare).
Sjabloon:JanuarieKalender2007
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1327 - Die tienerjarige Edward III word gekroon as Koning van Engeland, maar die land word deur sy ma Koningin Isabella en haar minnaar Roger Mortimer regeer.
- 1924 - Die eerste Winter Olimpiese Spele open teen die voet van Mont Blanc in Chamonix, Frankryk.
- 1971 - Generaal Idi Amin neem mag in Uganda oor van Eerste Minister Milton Obote en begin daarmee agt jaar van militêre regering.
- 2004 - Marsverkenningsvoertuig Opportunity land op Mars en rol in die Eagle krater in, 'n klein krater op die Meridiani Planum.