Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Web Analytics
Cookie Policy Terms and Conditions Augusta Treverorum - Wikipedia

Augusta Treverorum

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Model van die keiserlike stad Augusta Treverorum in die 4de eeu, soos gesien vanuit die Porta Nigra
'n Model van die keiserlike stad Augusta Treverorum in die 4de eeu, soos gesien vanuit die Porta Nigra

Augusta Treverorum ("Die stad van Augustus in die land van die Treverers") is in die jaar 16 v.C. deur die Romeinse keiser gestig. Die kolonie teen die Moeselrivier is die historiese voorloper van die huidige Duitse stad Trier en een van slegs drie Romeinse stede wat die naam van die keiser mag dra (die ander is Augsburg in die huidige Duitse deelstaat Beiere en Augst in die noorde van die huidige Switserland).

[wysig] Geskiedenis

Die stad is oorspronklik die hoofstad van 'n groep stamme, die Treverers, wat van Keltiese, Germaanse of gemengde herkoms is. In die omgewing van die stad ontstaan 'n aantal heiligdomme soos die tempel van Lenus Mars, 'n plaaslike godheid, wat later geromaniseer is.

Die naam Augusta Treverorum is ter ere van die destydse keiser tydens sy verblyf in Gallië in die jare 15 tot 13 v.C. aan die stad gegee. Danksy die strategiese ligging groei Augusta Treverorum in die vroeë keisertyd vinnig tot een van die grootste en welvarendste stede in die noorde van die Romeinse Ryk.

Die Konstantynse basilika
Die Konstantynse basilika

'n Aantal belangrike geboue ontstaan in Augusta Treverorum, soos byvoorbeeld die Romeinse baddens (omtrent 80), die amfiteater (omtrent 100) en die beroemde stadspoort Porta Nigra. Ook die privaathuise van plaaslike burgers getuig van die rykdom in hierdie tydperk.

'n Model van die keiserlike baddens
'n Model van die keiserlike baddens

In die 1ste en 2de eeu is Augusta Treverorum die administratiewe sentrum van Gallia Belgica (setel van die Procurator) en die twee Germaanse provinsies van die Romeinse Ryk. In die laat 3de eeu dien die stad selfs as keiserlike residensie in die weste van die ryk. Augusta Treverorum word veral deur die keisers Constantius en Konstantyn die Grote bevorder, wat onder meer die keiserlike basilika (Aula Patina), die keiserlike baddens en 'n aantal kerke as deel van die nuwe paleis-distrik laat oprig. Sedert 273 dien die stad as die setel van 'n aartsbiskop. As keiserlike residensie lok Augusta Treverorum talle geleerdes, wat hier as onderwysers of beamptes werksaam is.

Die stad is in 275 deur Franke en Alamanne verwoes en word onder die heerskappy van keiser Constantius Chlorus heropgebou. Augusta Treverorum word daarna onder die heerskappy van keiser Diocletianus saam met Rome, Alexandrië en Konstantinopolis een van die vier nuwe Romeinse prefekture. Dit groei tot een van die belangrikste stede in die Romeinse Ryk. In die tydperk tussen 293 en 395 is die stad een van die setels van die Romeinse keiser.

Met die verskuiwing van die Praefectura Galliarum, die belangrikste administratiewe owerheid in die Wes-Romeinse Ryk, na die Suid-Galliese Arles in die jaar 402 word die stad geleidelik ontruim. Die strategiese ligging blyk tydens die volksverhuising 'n groot nadeel te wees, en Augusta Treverorum word verskeie kere deur Germane geplunder. In 475 verower die Franke Augusta Treverorum.

[wysig] Romeinse argitektuur

Die belangrikste Romeinse geboue, soos die Porta Nigra, die katedraal, die keiserlike baddens, die Barbarabaddens, die amfiteater, die Romeinse brug en die Konstantynse basilika is deur die UNESCO as wêrelderfenisgebiede gelys.

[wysig] Eksterne skakels

Static Wikipedia 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu