Boeing 737
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Boeing 737 is 'n gewilde kort- tot mediumafstand kommersiële passasierstraalvliegtuig vervaardig deur die Boeing-Korporasie sedert 1967. Meer as 5 000 is reeds verkoop sedert die bekendstelling in 1967, meer as enige ander kommersiële vliegtuig, en meer as die totale Airbus-produksielyn. Alle modelle het twee motore, een op elke vlerk.
[wysig] Variante
Daar was drie basiese generasies van die 737, genoem die "Original", "Classic" en die "Next-Generation" (NG) modelle.
- Original: die 737-100 en -200 (Vervaardig van 1967 tot 1988)
- Classic: die 737-300, -400, en -500 (Vervaardig van 1983 tot 1997)
- Next-Generation: 737-600, -700, -800, en -900 (Vervaardig van 1997 - )