Boeretroos
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die woord Boeretroos is 'n beskrywende naamwoord, bestaande uit twee kern woorde, boer (Afrikaner van Nederlandse, Franse en/of Duitse afkoms) en troos (werkwoord, "om hulp te verleen vir die gemoed"). Boeretroos word algemeen gebruik om 'n koppie koffie te beskryf wat tipies swart, sonder room of melk met suiker aangebied word. Die gebruik van die woord is heel moontlik uit die dae van die Groot Trek waar die warmte van 'n koppie koffie in die oggend troos gegee het aan die Afrikaner, na 'n koue nag.